Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Aangeklaagde" deur CHARL DURAND
"Aangeklaagde" deur CHARL DURAND [boodskap #53340] Di, 13 November 2001 14:06
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

AANGEKLAAGDE
Charl Durand

Maria, vrou,
ek is 'n dief, ek steel moters.

Maria, asseblief,
sien in die weerkaatsing van jou trane
die kraal se spitsdak rondawels
groen valleie en skewe mielielande,
hoor in die huil in jou keel
die eggo van ouma se spookstories
wat sy met die kinders deel
lank na die vuur in die agterplaas as lê.

Maria, ek is 'n dief,
ek sal vir jou steel, ek het jou lief.
Vorige onderwerp: "die kierie is nie nodig nie, faan" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Bisho" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 02:36:35 MGT 2024